Bennie die Beer

Ons hooftema vir die dag is VORMS

Wednesday, May 10, 2017

Lesplan Fases:

Inleidende Fase: πŸ˜Ž

  • In ons inleidende fase het ons die volgende gedoen:
  • Ons het as klas saam 'n liedjie gesing en die spesifieke vorms gewys. Dit is 'n prettige aktiwiteit. Leerders leer ook baie saam die pret.
  • Daarna het ons vinnig hersiening gedoen van die vorige werk.
  • Ons het dan ook solank 'n voorsmaakie gegee van die dag se les waar leerders interaktief betrokke moes wees. Leerders moet die vorm teken oor 'n stippellyn om die gevoel te kry hoe die vorm geteken word en hulle moet dit ook inkleur. Dus sluit ons bietjie kreatiwiteit ook in by ons les.
  • Die inleidende fase moet hersiening insluit, asook 'n voorsmaakie van die dag se les.
  • Die inleidende fase moet ook leerders se verbeelding en aandag aangryp.
  • Die inleidende fase moet interessant wees, dus het ons 'n liedjie oor vorms ingesluit.
🐻🐼🐻🐼🐻🐼🐻🐼🐻🐼🐻🐼🐻🐼🐻🐼🐻🐼🐼🐻🐼🐻🐼🐻🐼🐻🐼🐻🐼

Leerfase:πŸ’­
  • Dit begin deur flitskaarte vir leerders te wys, om betrokkenheid in die klas te verbeter.
  • Dan gaan leerders somme van die bord af doen, die somme is vorms. Dit is getalbewerkings gemeng met vorms. Leerders sal dus moet kan plus en minus, maar met die gebruik van vorms en nie van nommers nie.
  • Leerders gaan dan hulle formele assessering doen. Elke leerder gaan 'n oefening kry, elkeen moet die papier invul as deel van die assessering. Juffrou neem dit aan einde van die periode in.
  • Die leerfase is baie belangrik, omdat dit die hoofaktiwiteit is waar leerders leer.
  • Dit moet dus interessant wees, maar ook effektief.
  • Leerders gaan dan 'n speletjie speel waar hulle op vorms moet spring en die vorm benoem. Dit is 'n fisiese aktiwiteit, wat nodig is vir sulke jong kinders.
🐻🐼🐻🐼🐻🐼🐻🐼🐻🐼🐻🐼🐻🐼🐻🐼🐻🐼🐼🐻🐼🐻🐼🐻🐼🐻🐼🐻🐼

Aflsuiting:πŸ™Œ
  • Leerders gaan hulle vorms uitknip en die volgende opskruif; groepnommer, hoeveelheid sye en naam van die vorm.
  • Leerders gaan dan ook saam ander groepe nuwe vorms maak, deur twee twee groepe vorms saam te sit. Leerders kan byvoorbeeld 'n huisie of gesiggie maak. Dit bevorder ook groepswerk.
  • Leerders gaan dan laastens 'n kort YouTube video kyk oor vorms.
  • Die vloer is dan oop vir enige vrae van die leerders se kant af.
  • Die les is dan verby en almal groet mekaar op die korrekte wyse.
  • Die afsluiting is baie belangrik, want leerders kry geleentheid vir vrae en die juffrou kan sien of die werk vagelể is.
🐻🐼🐻🐼🐻🐼🐻🐼🐻🐼🐻🐼🐻🐼🐻🐼🐻🐼🐼🐻🐼🐻🐼🐻🐼🐻🐼🐻🐼

Dit is baie belangrik dat die juffrou die les goed en deeglik moet beplan, sodat sy voorbereid is op enige vraag. Die klas moet ook interessant wees om leerders se aandag te behou. Die aktiwiteite moet ook pret en effektief wees, terwyl dit interaktiewe leer bevorder.
Die gebruik van die multimedias hou baie voordele in vir onderwyser, kind en ouer.



No comments:

Post a Comment

PowerPoint Presentation